VRIENDE EN OUD-LEERLINGE VAN HOËRSKOOL BRITS WAT FINANSIËLE ONDERSTEUNING BIED VIR DIE VOORUITGANG EN UITBREIDING VAN DIE SKOOL
Sluit aan
Oud-leerlinge, onderwysers & vriende kan aansluit by Die Kruin-Legendes en ‘n daadwerklike verskil maak tot die toekoms van die skool.
Skryf in
Ons kwartaallikse kompetisies dra by tot Die Kruin-Legendes se fondinsamelings wat projekplanne tot aksie bring.
Ondersteun
Wil jy van tyd-tot-tyd eenmalige bydraes lewer om ‘n spesifieke projek te ondersteun? Raak só betrokke by die skool!
Sedert 2024
Die Kruin-Legendes is op die been gebring om die oud-leerlinge, -onderwysers en vriende van die skool te organiseer ten einde belangstelling in die skool en sy aktiwiteite te bevorder en ‘n gevoel van lojaliteit en trots te kweek; die drome, ideale en doelwitte van Hoërskool Brits te bereik en om finansiële hulp te verleen vir die algehele verbetering, instandhouding en uitbreiding van die skool.
Kompetisietyd
Hou die spasie dop vir die volgende kompetisie in 2026.
Kontak Ons: info@kruinlegendes.co.za
